Hierdie onderneming lewer veekundige dienste aan vleisbeesboere in die somerreëngebied. Dienste fokus op reproduksie-bestuur en -tegnologie. Hierdie webblad is tot stand gebring met die doel om beesboere in Afrikaans te voorsien van vakkundige inligting ten opsigte van reproduksietegnologie en reproduksiebestuur. Inligting wat hier voorsien word is oorwegend gegrond op lesings, referate en praatjies wat tydens boeredae en inligtingsdae gelewer was. Geen afsprake of konsultasies kan via die webblad gereël word nie, aangesien slegs beperkte spasie vir nuwe kliente beskikbaar is.
Inligting in hierdie domein opgeneem, word vir algemene inligting bekend gemaak sodat u `n ingeligte navraag by `n professionele persoon kan doen. Indien u enige inligting hierin gebruik, word dit op u eie risiko gedoen en kan geen aanspreeklikheid vir skade en/of gevolgskade aanvaar word nie. Om toegang tot inligting te bekom stem u toe dat u afstand doen van alle regte tot skadevergoeding.
Vir navrae stuur 'n e-pos aan michiel@fecunde.co.za, en u navraag sal so spoedig moontlik beantwoord word.