DRAGTIGHEIDSBEPALING BY BEESTE
METODES VAN DRAGTIGHEIDSBEPALING
1.TERUGKEERKOERS (NON RETURN RATE). Hierdie metode gebruik die beginsel van siklisiteit en berus op die verwagting dat `n dier wat dragtig is nie weer in estrus sal kom nie, omdat sy dragtig is. Dit is `n baie goeie aanduider van dragtigheid en vereis nie hoë tegniese vaardigheid nie maar wel intensiewe daaglikse toesig tydens dekperiode.
2.REKTALE PALPERING. Hierdie tegniek is tans nog die voorkeurkeuse wat by vaardige palpeerder baie sensitief is met veranderlike
spesifisiteit. Vereis besondere vaardigheid en gereelde oefening.
3.ULTRAKLANK (SONAR). Baie sensitief en spesifiek met vaardige operateurs. Toerusting is duur.
4.HORMOONBEPALING. Word op melk of serum gedoen en kan tot so vroeg as 21 dae na paring ontleed word.
ANDER METODES.
Swelling van buik, uier en vulva.
Klossies aan skaamhare.
Stamp in die regtersy.
TEGNIEK
Identifiseer die koei.
Algemene kondisie.
Uiertoestand.
Vulva en omliggende gebiede (moontlike hittetekens of afskeidings).
Vee/was vuiligheid af.
Tel die stert op met die "skoon" hand en plaas die gesmeerde hand in die rektum. Steek die hand in vuisvorm versigtig so diep as moontlik in die rektum.
Indien die mis hard is, kan dit verwyder word.
Wees versigtig vir rektale voue.
Laat sak die hand.
Maak "pleister' bewegings met die plat hand.
Moet nooit aggresiewe beweging of harde drukking toepas nie. Embrionale sterftes (hoewel seldsaam) kan voorkom as gevolg van onhandige palpering.
Indien u nie 'n positiewe dragtigheidsteken kan vind nie, word die hand teen die bekkenvloer teruggetrek totdat u die cervix voel.
Lug die cervix op.
Indien die cervix min beweging toelaat word die volle bereikbare lengte van elke baarmoederhoring palpeer.
Indien die cervix beweging toelaat word dit teruggetrek: Lateraal of indirek. Met die baarmoeder in die bekkenholte, word die volle lengte pal peer.
Retraksie van die baarmoeder. Word slegs uitgevoer as die cervix opgetel kan word en positiewe tekens van dragtigheid nog nie gevind is nie.
Lateraal: Met die vingers gebuig word die bree ligament teruggetrek. Beweeg die hand na die middel en gebruik die duim om die ander horing terug te trek.
Indirek: Tel die cervix op en trek sover as moontlik terug. Trek die bree ligament terug en hou in die handpalm. Beweeg na die middel en kry greep op die onderste ligament. Probeer om nou die baarmoeder om te dop.
POSITIEWE TEKENS VAN DRAGTIGHEID
Kalf
Kotelidons
Amniotiese vesikel
Membraan glip
In Tabel 3 word die positiewe tekens en stadium van dragtigheid aangedui.
Tabel 3: Positiewe tekens van dragtigheid en fremitus tydens rektale palpasie.
Reproduktiewe probleme lê veral op die werkterrein van die kudde se veearts. Dit word in hierdie gids ingesluit om die produsent op die noodsaaklikheid en belang van 'n volledige reproduksiebestuursplan te wys.
Die reproduktiewe probleme wat by 'n koei waargeneem kan word, kan as volg verdeel word:
1.Nageboorte wat vassit. Ongeveer 4% van nageboortes word nie binne 24 uur self afgewerp nie. 'n Hoër insidens moet aandag kry. Beheer sluit in 'n algemene higienestandaard, beheer van aansteeklike siektes en ook voldoende voedingstowwe veral minerale. Behandeling moet op aanbeveling van veearts geskied en sluit in meganiese verwydering (7-10 dae pp), infusie, toediening van geneesmiddels.
2.Abnormale vaginale afskeiding. Dit is oorwegend die gevolg van baarmoederontsteking (endometritis). Die akute vorm word geredelik waargeneem binne 14 dae PP gepaard met afskeiding en ander simptome. Endometritis in die kroniese (subakute) vorm kan groot reproduksiebelemmering tot gevolg hê. Die lae voorkoms van 'n afskeiding by kroniese vorm, noodsaak 'n nakalwingsondersoek in kuddes met laer reproduksieteikens. Rektale palpasie kan deels bydrae tot diagnose, maar 'n vaginoskopiese/spekulumondersoek is dikwels noodsaaklik.
3.Geen estrussimptome. Dit kan die gevolg wees van gebrek aan eierstokaktiwiteit, subestrus of ware anestrus. Gebrek aan eierstokaktiwiteit kan die gevolg van' n kroniese baarmoederontsteking wees. 'n Onderafskeiding van prostaglandien veroorsaak dat luteolise nie plaasvind nie en CL bly funksioneer (sien ook eierstoksiste). Ware anestrus 40 dae PP kom by ongeveer 60% vleisbeeskoeie en 10% melkkoeie voor. Dragtigheid is die belangrikste rede vir geen waarneembare estrus.
4.Ongereelde estrus. Dit kan die gevolg wees van siste en embrionale sterfte. Siste kan estrus onderdruk, onqereelde estrus en nimfomanie tot gevolg he. Sistiese eierstokke is oorerflik maar kan ook die gevolg van eksogene estrogeen en voeding wees. Onvoldoende VH of ongesinkroniseerde vrystelling lei tot sistiese eierstokke. Embrionale sterfte later as 16 dae pc sal die siklus verleng. Embrionale sterftes van meer as 35 dae pc mag soms per rektum vasgestel word. Embrionale sterfte kan verskeie oorsake he, waaronder strestoestande en deksiektes.
5.Herhalers. Dit is gesonde diere wat andersins normale siklus toon maar na twee inseminasies nie konsepteer nie.
6.Aborsie.
7.Ongewenste dragtigheid.
This site was created with the Nicepage