BESTUURSPROGRAM BY VLEISBEESKUDDES
Die kern van goeie bestuur is geleë in 'n goed beplande dekpraktyk (wanneer, duur, bul:koei verhouding, kunsmatige inseminasie en ander tegnieke). `n Bestuursprogram is `n skematiese uiteensetting van bestuursaktiwiteite in die kudde. Onderstaande voorbeeld werk as volg: Gestel dit is Juniemaand. In die Somerdekgroep se Juniekolom word “6 Seleksie” en “8 Speen kalwers” aangedui. U kan by paragrawe 6 en 8 gaan lees watter insette u moet maak. By die winterdekgroep sal u merk dat Juniemaand se aktiwiteite insluit dat kalwers onthoring (10) moet word. In aangehegde bestuursprogram verskyn 'n aantal sleutelinsette wat na my mening noodsaaklik is vir optimale kuddeprestasie. Vooraan elke sleutelaktiwiteit verskyn `n nommer wat ooreenstem met onderstaande paragrawe. U kan u eie program opstel deur die aanvang van u dekperiode by * onder Desember in te vul en die volgende maand onder Januarie ensovoorts.
SLEUTELAKTIWITEITE IN BESTUURSPROGRAM
1.DEK VERSE: Die ouderdom waarop verse die eerste keer, gedek word sal afhang van die produksie-uitset (groei) wat gedurende die voorspeense en naspeense fase behaal word. As algemene riglyn kan verse gedek word wanneer hul 65% van die volwasse koeie se massa bereik het. Om doelmatig vir reproduksievermoë te selekteer, moet verse nie langer as 65 dae by die bul loop nle. Dit sal voorkorn dat sub-fertiele verse wat traag ovuleer, in kudde behou word.
2.DEK KOEIE: Vir 'n aanvang word 'n 90 dae dekperiode aanbeveel. Hierdie periode kan verkort word (63 of 42 dae) indien u konsepsiesukses dit toelaat. Indien kunsmatige inseminasie toegepas word kan 'n stelsel gebruik word waar daar vir 42 dae na aanvang van dekperiode insemineer word waama skoonmaakbulle gebruik word. As algemene riglyn moet `n winterdekseisoen so kort as moontlik wees: minder as 60 dae. Kalwers wat laat in somer of vroeg winter gebore word speen onder plaaslike toestande ongeveer 22% ligter as somerkalwers. Waar verse nie die gewenste dekmassa met die aanvang van somerdekseisoen bereik het nie, kan hulle eerder vir 'n winterdekperiode oorweeg word.
3.VERSE KALF: By verse wat nie die gewenste dekmassa of teikenkondisie behaal het nie, is die ervaring dat konsepsie in die opvolgdekperiode baie teleurstellend is. Hierdie verskynsel word verder gekompliseer aangesien verse wat in die laaste helfte van dragtigheid gevoer word, bale kalfprobleme ervaar; daarom is dit uiters belangrik dat verse goed moet uitgroei in die eerste 5 maande na dek. Goeie toesig tydens kalwing is noodsaaklik aangesien verlengde geboorteproses en moeilike kalwing, die tydperk tot eerste estrus verleng. Dit is ook beiangrik om toe te sien dat kalfies so gou as moontlik na geboorte suip, andersins maak stuwing die uier gevoelig en is sy huiwerig om kalf te laat suip. Dit is belangrik dat kalfdatums en kalfnommer aangeteken word. 'n Belangrike bydrae hier is om verse voor kalfperiode, rektaal te ondersoek vir 'n sogenaamde 'reproductive tract score', indien dit nie reeds voor dek plaasgevind het nie.
4.KOEIE KALF: Dieselfde toesig as by 3 is nodig hoewel moeilike kalwing minder by koeie wat reeds gekalf het voorkom. Goeie toesig is egter steeds nodig omdat die ligging, posisie en grootte van die kalf tot moeilike kalwing kan bydrae en speenbeskadiging kom meer algemeen by koeie voor.
5.DRAGTIGHEID: Dragtigheid kan op verskeie maniere bepaal word hoewel rektale palpasie steeds die voorkeurmetode is. By verse kan reeds ses weke na dekking en koeie agt weke na dekking bepaal word of sy dragtig is. Dit het die voordeel dat uitskot reeds op 'n vroee stadium gedoen kan word om inkomste te genereer en voerbronne optimaal te gebruik. Tydens hierdie ondersoek word kondisie en leeftydverwagting (indien ouderdom nie bekend is nie) bepaal. Spesiale melding word gemaak van eerste-kalf koeie waar `n konsepsie van 66% aanvaarbaar is. Doelwit by volwasse koeie behoort meer as 85% te wees,
6.SELEKSIE: Aangesien dit op hierdie stadium reeds bekend is hoeveel teeldiere in die kudde opgeneem en uitgeskot gaan word en wat die verwagte voerbehoefte behoort te wees, kan die behoefte aan vervangingsdiere wetenskaplik bepaal word.
1.Die volgende uitskot prioriteit word aanbeveel:
2.Koei sonder kalf, nie-dragtig
3.Koei met kalf, nie-dragtig
4.Koei sonder kalf, dragtig
5.Eerste kalf koei met kalf, nie dragtig
6.Eerste kalf koei sonder kalf, dragtig
7.Koei met kalf, dragtig, tande geslyt.
8.Eers nadat al bogenoemde kategoriee uitgeskot is, kan koeie op grond van kalwers se speenmassa en daarna op bouvormfoute uitgeskot word.
BULEVALUASIE: Ongeag die dekpraktyk wat gevolg word, is dit uiters belangrik dat bulle hul funksie baie goed moet verrig. Die belegging om bulle te evalueer is veral belangrik omdat van 'n bul verwag word om ongeveer 28 kalwers per jaar te verwek. Die komponente wat bulgeskiktheid bepaal is die volgende:
1.Semenkwaliteit: Dit is veral die konsentrasie, beweeglikheid en bou van sperme wat hier evalueer word. Dit word mikroskopies bepaal nadat 'n monster met behulp van 'n elektro-ejakulator of kunsvagina opgevang is.
2.Dekvermoë en libido: Dit is skrywer se mening dat meer bulle ongeskik is vir teling as gevolg van onvermos om te dek, as wat die semen van swak gehalte is. Die mess doeltreffende manier om bulle vir dekvermoë te evaiueer, is om tydens dekperiode, bulle daagliks waar te neem vir die volgende:
i.Libido. Bulle moet belangstelling toon in koeie wat in estrus is. Hulle stap aktief tussen koeie rond en sal naderstaan (en prospekteer) as jong bulkalwers, koeie of ander bulle dekpogings aanwend of ry.
ii.Prospektering: Bulle sal aan koeie se vulva ruik en lek. Nadat die bul 'n potensiele paring uitken, snuif hy op "n kenmerkende wyse deur die bolip op te trek en sy kop agteroor te hou (flehmen). Nadat die bul hierdie prospektering gedoen het, plaas hy sy kop op die koei se lende. Indien die koei nie wegbeweeg as hy drukking op lende plaas nie, moet hy 'n dekpoging aanwend.
iii.Penetrasie en ejakulasie. indien 'n bul 'n dekpoging aanwend en die koei bly staan, meet hy maklik kan penetreer. Na penetrasie maak hy enkele stootbewegings en ejakulasie word herken as die "deurstamp" waartydens sy agterpote die grond kan verlaat. Onvermoë om te penetreer korn by ongeveer 9% van andersins geskikte bulle voor weens skedes of beserings aan die penis. Ongeveer 2% van bulle wat kan penetreer, ejakuleer nie.
iv.Dominansie. Sommige bulle maak soms of hul nle belangstel om te dek nle, omdat hulle deur ander domineer word. Dorninansie hierargie is nie baie duidelik nie, maar su!ke bulle kan in afsondering wel suksesvol kan dek.
v.Dagsirkel. Sommige bulle is traag om in die dag te dek en verkies om snags te dek.
vi.Deksiektes, Bulle word na afioop van dekseisoen en minstens twee maande voor die dekseisoen by wyse van 'n skedeskraap of skedewas getoets vir aanwesigheid van deksiektes.
vii.Algemene toestand. Besering kan aanleiding gee tot onvermoë om te dek. Dit is veral beserings aan die geslagsorgane en ledernate wat onmidellike aandag moet kry. Bulle wat vet is met aanvanq van dekseisoen, het soms 'n verlaagde libido. Veral jong onervare bulle wat skraal is verloor baie gou kondisie en vermaer of is meer vatbaar vir ander siektes.
8.SPEEN KALWERS: Kalwers word normaalweg op 7 tot 9 maande ouderdom gespeen. Die speendatum is aanpasbaar en sal afhang van voerbeskikbaarheid en koeie se kondisie. Tydens voerskaarste is dit raadsaam om kalwers te speen, voordat koeie se kondisie onder 'n kritiese perk daal.
9.NOMMER KALWERS: Vir doeltreffende seleksie is dit noodsaaklik dat koeie wat nie kalf nie en min melk produseer, geïdentifiseer kan word. Dit is vir hierdie rede belangrik dat kalwers so gou as moontlik na kalwing gemerk word en die datum en moer se nornrner aangeteken word. Dit stel u in staat om 'n basiese produksierekord vir elke koei te hou
10.SINKRONISASIE: Hierdie tegniek kan met vrug gebruik word waar u te rnin bulle het, spesialis bulle gebruik moet word, die dekseisoen verkort wil word of deksiektes gediagnoseer was. Dit word aanbeveel dat alle diere wat in 'n sinkronisasieprogram opgeneem word, eers aan 'n bekkenevaluasie onderwerp word om normale baarmoederinvolusie, siklisiteit en bekkenontwikkeling vas te stel. Natuurlike sinkronisasie word verkry met tydelike speen van kalwers 10 dae voor aanvang van dekseisoen. Progesteroon irnplantate/ apparate of prostaglandien kan gebruik word vir hormonale sinkronisasie.
11.ONTHORING: Daar word aanbeveel dat kalwers weekliks onthoring word. Vir beplanningsdoeleindes moet 'n spesifieke weekdag bv. Donderdagoggend tydens kalfperiode vir onthoorning toegewys word.
12.WEEG KALWERS EN KOEIE: Weging word gebruik om melkproduksie en koeidoeltreffendheid te bepaal. In kuddes waar 'n hoe reproduksiedoelwit geld, is dit 'n belangrike seleksiemaatstaf.
13.MINERAAL AANVULLING: Onlangse studies en ondersoeke toon dat 'n ekonomiese voordeel verkry kan word met die voorsiening van 'n mineraal aanvulling. Die tydperk vir aanvulling is nog nie met sekerheid vasgestel nie, maar teoreties behoort aanvulling kort voor kalwing te geskied as gevolg van hoe onttrekkings na kalwing. Minerale wat soms in lekke voorsien word is laag opneembaar. `n Veekundige kan u oor die wenslikheid van aanvulling adviseer.
14.GESONDHEID: Vir dosering en entprogram, moet u veearts geraadpleeg word. Die volgende inentings word as minimum aanbeveel: Spons-, Lam- en Miltsiekte, en Vibriose.
15.DOSERING: U veearts kan genader word vir 'n aanbeveling in hierdie verband. As algemene riglyn kan diere twee weke na eerste ryp en twee weke na lentereen doseer word. Dit is belangrik dat vervangingsverse na speen en eerstekalfkoeie voor kalwing vry van parasiete moet wees.
16.VIBRIOSE: Dit is 'n deksiekte waarteen koeie, verse en bulle ingeënt kan word. Daar word aanbeveel dat alle verse en bulle voor dek geënt word
17.BRUCELLOSE: Dit is 'n siekte wat aborsies by koeie en soms steriliteit by bulle veroorsaak. Enststof kan op aanbeveling van u veearts toegedien word (slegs vroulike diere).
18.BEES VIRUS DIARREE. Hierdie siekte kan groot produksieverliese en reproduksie steurnisse (aborsies) tot gevolg hê omdat dit immuniteit onderdruk.
19.ANAPLASMOSE: Gebruik op aanbeveling van u veearts.
'n Aflaaibare Bestuursprogram in PDF-formaat is beskikbaar. (Adobe® Acrobat Reader® word benodig om te besigtig.)
This site was created with the Nicepage